Leesplan inligting

Verhoudings van die Koninkryk – 'n Leesplan oor die Huwelik, Romantiese Verhoudings en EnkellopendesVoorbeeld

Relationships Of The Kingdom – A Plan On Marriage, Dating And Singleness

DAG 1 VAN 3

Die Huwelik


In die begin het God alles aan die mensdom gegee wat hulle moontlik sou wou hê. Die hele skepping was gemaak vir ons om te geniet. Daar is in elke moontlike behoefte voorsien. Die mens was die kroon van God se skepping. Die behoefte aan gemeenskap is bevredig deur die skepping van ander mense: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.”



Dit het begin met die pragtige geskenk van die huwelik; die lewenslange vereniging van 'n man en 'n vrou waarin seks — nog een van God se pragtige gawes — sonder skuld of skaamte, met intimiteit en vryheid geniet kan word. 



God is liefde en ons weet dit as gevolg van alles wat Hy doen.



Die woord "liefde" of "minnaar" kom telkens in die boek van Hooglied voor. Dit gaan alles oor romantiese liefde tussen 'n minnaar en sy geliefde. Hulle is oorstelp van liefde vir mekaar. Die geliefde sê: “... die liefde verteer my” (Hooglied 5:8).



Daar is 'n sterk komponent van fisieke en erotiese liefde. Albei beskryf die fisieke skoonheid van hul huweliksmaat. Een kommentator het dit so gestel: “Hooglied is 'n lang, liriese gedig oor erotiese liefde en seksuele begeerte — 'n gedig waarin die liggaam die voorwerp van begeerte en bron van genot is, en minnaars betrokke raak by 'n voortdurende spel van die soeke en vind ... van seksuele bevrediging”. Hulle liefde gaan egter veel verder as die fisieke en die erotiese. Die geliefde sê: “Dit is my beminde en dit is my vriend ...” (Hooglied 5:16 AFR53). Daar is niks beter in die huwelik as om iemand as jou lewensmaat, jou minnaar en jou beste vriend te hê nie. Die minnaar sê: “Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou arm” (Hooglied 8:6a). Die begeerte van God vir sy volk is dieselfde as hierdie idee van die liefde tussen man en vrou. 



In Efesiërs 5 vind ons dat wedersydse respek die sleutel tot 'n gelukkige huwelik is. Die kernwoorde in verse 21 tot 33 (NLV) is “respek”, “liefde” en “onderdanig”. 



Die woord “onderdanig” verskil van die woord “gehoorsaam” (Efesiërs 5:22). Onderdanigheid is om vrywillig in liefde toe te gee. Dit is 'n pragtige eienskap en dit is duidelik dat Paulus wedersydse onderdanigheid verwag. Respek is die sleutel tot 'n goeie verhouding tussen man en vrou. Dit is wat die Christelike huwelik behels. Hierdie konsep sou revolusionêr gewees het in die eerste-eeuse kultuur. 



Terwyl ons vandag hierdie Skrifgedeeltes lees, mag God ons sy Gees gee sodat ons Jesus in al ons verhoudings as getroudes, verloofdes of enkellopendes kan navolg. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relationships Of The Kingdom – A Plan On Marriage, Dating And Singleness

Het jy al ooit die huwelik oorweeg? Het jy al ooit gewonder of jou verhouding is wat God vir jou wil hê? Het jy al ooit gevoel dat om enkellopend te wees net 'n laaste uitweg is? Lees verder om uit te vind wat die Bybel ...

More

Ons wil Alpha bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://alpha.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid