Vier Maniere om Jesus te DeelVoorbeeld

Vertel jou verhaal om Jesus te deel.
God het iets wonderliks binne-in jou gesit om met ander te deel: jou getuienis. Dit is die ware verhaal van wat God in jou lewe gedoen het en die datum en tyd wat jy gekies het om die goeie nuus oor Jesus te glo. Moenie dit wegsteek nie! Deel dit met almal om jou sodat hulle kan weet dat Jesus vir hulle lief is en ook die straf vir al hulle sondes gedra het. Kyk na die versbewegingsvideo en speel Heen en weer om Romeine 1:16 te memoriseer. Onthou, jy hoef jou nooit te skaam oor die verhaal wat God vir jou gegee het nie!
Heen en weer
- Lees Romeine 1:16 hardop saam met 'n vriend.
- Sê die eerste woord van die vers.
- Laat jou vriend die volgende woord sê.
- Herhaal, om die beurt vir elke woord, totdat julle die hele vers gelees het.
- Kyk hoe vinnig jy die vers saam met jou vriend kan lees!
Bespreek dit: Waarom hoef ons nie skaam te wees oor God se goeie nuus nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jesus het vir ons 'n weg geskep om vriende met God te wees. Dis goeie nuus, en almal moet daarvan weet! Aanvaar die opdrag wat Jesus vir jou gegee het: ken God se goeie nuus, wys God se liefde, leef soos Jesus, en vertel jou verhaal!
More