Vier Maniere om Jesus te DeelVoorbeeld

Leef soos Jesus om Jesus te deel.
Om soos die wêreld te leef, beteken dat jy net vir jouself leef. Maar om soos Jesus te leef is anders. Alles wat jy het, is nie net vir jou nie. Dit is 'n geskenk van God, en Hy het dit vir jou gegee om met ander te deel. Wanneer jy jou tyd, jou besittings, jou liefde en jou vriendskap deel, kan mense jou vertrou wanneer jy die goeie nuus oor Jesus deel! Kyk na die versbewegingsvideo en speel Ontbrekende woorde om Romeine 12:2 te memoriseer. Jy kan onthou om elke dag soos Jesus te lewe!
Ontbrekende woorde
- Lees Romeine 12:2 hardop vir jou vriende en gesin.
- Lees die vers weer hardop, maar los een woord uit.
- Die eerste persoon wat uitvind wat die ontbrekende woord is, is die wenner.
- Herhaal met 'n ander persoon wat die vers hardop lees.
Bespreek dit: Hoe kan Romeine 12:2 jou help om anders te leef?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jesus het vir ons 'n weg geskep om vriende met God te wees. Dis goeie nuus, en almal moet daarvan weet! Aanvaar die opdrag wat Jesus vir jou gegee het: ken God se goeie nuus, wys God se liefde, leef soos Jesus, en vertel jou verhaal!
More