ROMEINE 15:6-8
ROMEINE 15:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal julle almal dieselfde daaroor dink en saam vir God prys, Hy wat die Vader van ons Here Jesus Christus is. Julle moet mekaar aanvaar, soos Christus julle ook aanvaar het. Dan sal al die mense vir God prys. Ek sê vir julle: Christus het gekom om die Jode te dien sodat almal kon weet dat God doen wat Hy belowe het. God het goeie dinge belowe vir die voorvaders van die Jode, en Christus het kom wys dat God doen wat Hy vir hulle belowe het.
ROMEINE 15:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God. En ek sê dat Jesus Christus 'n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig
ROMEINE 15:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak.
ROMEINE 15:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring. Daarom, aanvaar mekaar, soos •Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Ek sê vir julle dat Christus 'n Dienaar van die besnedenes geword het ter wille van die waarheid van God, sodat Hy die beloftes aan die vaders kon bevestig
ROMEINE 15:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat julle met een verstand en een mond God, die Vader van onse Here Jesus Christus, kan verheerlik. Daarom, ontvang julle mekaar, soos Christus ons ook aangeneem het tot eer van God. Nou sê ek dat Jesus Christus 'n bedienaar van die besnydenis was ter wille van die waarheid van God, om die beloftes wat aan die vaders gemaak is, te bevestig.
ROMEINE 15:6-8 Die Boodskap (DB)
Mag julle almal saam soos ’n groot koor in ’n harmonie van stemme God se Naam grootmaak. Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe. Julle moet mekaar asseblief aanvaar. Onthou: Christus het julle almal met oop arms aanvaar en op hierdie manier groot eer aan God gebring. Christus het aarde toe gekom om die Jode te dien en om te wys dat God sy woord hou. So het Hy die beloftes wat God aan hulle voorouers gemaak het, waar laat word.
ROMEINE 15:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dan sal julle almal in ’n wonderlike eenheid van gees en uit een mond die lof toebring aan God, die Vader van Jesus Christus ons Here. Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het. So sal julle God verheerlik. Dink daaraan dat Christus vir die Jode ’n dienskneg geword het om te bewys dat God getrou bly aan die beloftes wat Hy aan hulle voorouers gemaak het.