PSALMS 18:9 - Compare All Versions

PSALMS 18:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Rook het uit sy neus getrek, vuur uit sy mond het alles verteer, gloeiende kole uit sy binneste.

PSALMS 18:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.

PSALMS 18:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Rook het uit sy neusgate geborrel, verterende vlamme uit sy mond, gloeiende kole uit sy binnekant.

PSALMS 18:9 DB (Die Boodskap)

Dit was of die vreeslikste vuur losbreek wat alles verbrand. Rook het uit sy neus gekom.

PSALMS 18:9 ABA (Bybel vir almal)

Rook het uit sy neus gekom, vuur het uit sy mond gebrand, kole vuur het uit Hom gekom.

PSALMS 18:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Rook het uit sy neus opgestyg, 'n verterende vuur uit sy mond; gloeiende kole het daaruit opgevlam.

PSALMS 18:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy het ook die hemel gebuig en neergedaal, en duisternis was onder sy voete.