PSALMS 18:5-6 - Compare All Versions

PSALMS 18:5-6 ABA (Bybel vir almal)

Die dood wou my vasbind met toue, waterstrome het oor my gespoel en wou my doodmaak. Toue van die doderyk het my vasgebind, vangstrikke van die dood het my vasgevang.

PSALMS 18:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.

PSALMS 18:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Bande van die dood het my omsluit, strome van onheil het my verskrik. Bande van die doderyk het my vasgetrek, strikke van die dood het my bedreig.

PSALMS 18:5-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Bande van die dood het my omsluit, strome van vernietiging het my verskrik, bande van die •doderyk het my verstrengel, vangstrikke van die dood het my ingewag.

PSALMS 18:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die smarte van die doderyk het my omring: strikke van die dood het my verhinder. In my benoudheid het ek die HERE aangeroep en my God aangeroep; Hy het my stem uit sy tempel gehoor, en my geroep het voor Hom uit gekom, tot in sy ore.

PSALMS 18:5-6 DB (Die Boodskap)

Dit het vir my gevoel of die dood my vasgedruk het, ja, asof alle moeilikheid soos golwe oor my slaan. Ek was in die poorte van die dood. Ek het in die vangnet van die dood getrap.

PSALMS 18:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my. Bande van die dood draai my vas; strikke van die dood wag my in.