PSALMS 18:34-37 - Compare All Versions
PSALMS 18:34-37 ABA (Bybel vir almal)
Hy laat my so vas staan soos 'n ribbok, Hy laat my veilig staan op hoë plekke. Hy leer vir my om oorlog te maak, Hy maak my arms sterk sodat ek die snaar van 'n brons-boog styf kan trek. Die skild wat U vir my gee, red my lewe, U help my om regop te bly staan, U help my, en dit gaan goed met my. U laat my vinnig hardloop, my voete gly nie.
PSALMS 18:34-37 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak. U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.
PSALMS 18:34-37 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. Hy leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span. Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, u regterhand het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword. U het my ruim vastrapplek gegee, my enkels het nie geswik nie.
PSALMS 18:34-37 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan. Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, sodat my arms 'n bronsboog kan span. U het vir my u skild van verlossing gegee, u •regterhand ondersteun my en u antwoord maak my sterk. U skep ruimte vir my voetstappe; my enkels swik nie.
PSALMS 18:34-37 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat 'n staalboog deur my arms gebreek word. U het my ook die skild van u heil gegee, en u regterhand het my vasgehou, en U sagmoedigheid het my groot gemaak. U het my voetstappe onder my vergroot, sodat my voete nie gegly het nie. Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal
PSALMS 18:34-37 DB (Die Boodskap)
Niemand kan my vang nie. Ek sal nie neerslaan nie. U wys my hoe om teen my vyande te veg en te wen. U maak my sterk. U self beskerm my en red my waar ek U nodig kry. U het moeite gedoen en my gehelp. U was baie goed vir my. Ek was ’n oorwinnaar. Ek het selfversekerd gedoen wat ek gedoen het. Ek het nie getwyfel nie.
PSALMS 18:34-37 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. Hy oefen my hande vir die geveg, my arms om ’n bronsboog te trek. U redding is vir my ’n skild. U regterhand ondersteun my; u hulp maak my sterk. Die pad onder my maak U breed, en my enkels swik nie.