PSALMS 18:33 - Compare All Versions

PSALMS 18:33 ABA (Bybel vir almal)

Hy is die God wat my sterk maak vir die oorlog, Hy laat my veilig lewe.

PSALMS 18:33 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.

PSALMS 18:33 AFR83 (Afrikaans 1983)

God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.

PSALMS 18:33 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

God is die Een wat my met krag omgord en my pad gelyk maak.

PSALMS 18:33 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy maak my voete soos dié van herte en laat my op my hoogtes staan.

PSALMS 18:33 DB (Die Boodskap)

God gee my al die krag wat ek nodig het. Hy laat my voorspoedig gaan.

PSALMS 18:33 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig.