PSALMS 18:32-34
PSALMS 18:32-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God? God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
PSALMS 18:32-34 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is die enigste God, net ons God is 'n rots. Hy is die God wat my sterk maak vir die oorlog, Hy laat my veilig lewe. Hy laat my so vas staan soos 'n ribbok, Hy laat my veilig staan op hoë plekke.
PSALMS 18:32-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots? God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.