PSALMS 18:2-3
PSALMS 18:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte. Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
PSALMS 18:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het gesing: Here, ek is baie lief vir U, U maak my sterk. Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge, U maak my vry. My God, U is my rots, ek voel veilig by U, U is vir my soos 'n skild, U is sterk en U red my, U is vir my 'n veilige plek.
PSALMS 18:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte. Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
PSALMS 18:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het gesê: Ek het U lief, HERE, my sterkte! Die HERE is my rotsvesting, my bergskuiling, my bevryder. My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord.
PSALMS 18:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is my rots en my vesting en my redder; my God, my sterkte, op wie ek sal vertrou; my skild en die horing van my heil en my hoë toring. Ek sal die HERE aanroep wat lofwaardig is; so sal ek van my vyande verlos word.
PSALMS 18:2-3 Die Boodskap (DB)
Ek het U lief, o Here. U maak my sterk. By die Here is ek veilig, want Hy beskerm my. Hy help my as ek in die moeilikheid is, want Hy is sterk. Ek kruip by Hom weg. Hy is my God, en Hy is reg rondom my om my veilig te hou.