LUKAS 17:20
LUKAS 17:20 Bybel vir almal (ABA)
Die Fariseërs het vir Jesus gevra: “Wanneer sal almal weet dat God Koning is?” Jesus het vir hulle gesê: “'n Mens kan nie voor die tyd uitvind wanneer dit sal gebeur nie.
LUKAS 17:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
LUKAS 17:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die Fariseërs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie.
LUKAS 17:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus op 'n keer deur die •Fariseërs gevra is wanneer die •koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelik waarneembare tekens nie.
LUKAS 17:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Hy van die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sou kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met waarneming nie.