JESAJA 62:8
JESAJA 62:8 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het sy regter-hand opgelig, sy sterk arm, en Hy het belowe Hy sal nie weer Jerusalem se koring vir die vyande gee nie, die vyande sal dit nie eet nie. Mense van ander lande sal nie meer julle wyn drink nie, die mense van Jerusalem het hard gewerk om daardie wyn te maak.
JESAJA 62:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.
JESAJA 62:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het 'n eed afgelê, en deur sy groot mag sal Hy dit gestand doen: Ek sal jou koring nie weer aan jou vyande gee om te eet nie, uitlanders sal nie weer die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie.
JESAJA 62:8 Die Boodskap (DB)
Die Here het ’n belofte aan Jerusalem gemaak. Hy het die krag om by sy belofte te bly. Hy het gesê: Ek sal nooit weer toelaat dat jou vyande jou koring by jou kom afvat om dit te eet nie. Buitelanders sal nie weer die wyn kom uitdrink waarvoor jy so hard gewerk het nie.