Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HOSEA 14:2-3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HOSEA 14:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Keer terug na die Here jou God, Israel, want jy het geval deur jou sonde. Bely julle sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U

HOSEA 14:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid. Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.

HOSEA 14:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Keer terug na die HERE jou God, o Israel, want jou sondes is jou ondergang. Bely jou sondes en keer terug na die HERE toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sondes en aanvaar ons in genade sodat ons weer ’n lofoffer aan U kan bring.

HOSEA 14:2-3 DB (Die Boodskap)

“Israel, jy moet teruggaan na die Here jou God toe. Jou sonde het jou laat struikel. Dit het jou op die grond laat val. Kom na God toe en sê vir Hom dat jy verkeerd was. Kom terug na die Here toe. Bid tot die Here: “Vergeef ons tog al ons sonde. Ons is jammer daaroor. Aanvaar tog ons verskoning oor ons sonde. Ons belydenis is die offer wat ons bring om ons sake met U weer reg te stel.

HOSEA 14:2-3 ABA (Bybel vir almal)

Mense van Israel, julle moet terugkom na julle God die Here toe, want julle kry swaar. Dit is omdat julle sonde gedoen het. Julle moet terugkom na die Here toe, julle moet vir Hom sê: “Vergewe asseblief ons sonde en luister na wat ons vir U wil sê. Hierdie woorde is ons offer.

HOSEA 14:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Keer terug, Israel, na die HERE jou God, want jy het deur jou sondeskuld gestruikel. Kom met julle woorde en keer terug na die HERE. Sê vir Hom: “Vergewe ons sondeskuld volkome, aanvaar ons belydenis; ons wil met die vrug van ons lippe vergoed.

HOSEA 14:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Neem woorde saam en bekeer jou tot die HERE; sê vir Hom: Neem alle ongeregtigheid weg en neem ons genadiglik aan, sodat ons die kuite van ons lippe vergelde. Assur sal ons nie verlos nie; ons sal nie op perde ry nie, en oor die werk van ons hande sal ons nie meer sê: Julle is ons gode nie, want in U vind die wees barmhartigheid.