Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan. Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie. Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur. Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
Lees FILIPPENSE 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 4:4-20
3 days
Maybe God isn’t who you think He is. Maybe He’s much better. This devotional will help identify some Christian clichés we’ve all heard that are actually unbiblical lies. These clichés may seem innocent, but are harmful to our faith and keep far too many believers stuck in spiritual immaturity. Learn to encounter these lies with the truths about God in the Bible to bring encouragement and freedom to our lives.
5 Days
Bestselling author Max Lucado explores God’s treatment plan for anxiety found in Philippians 4:4–8. As you follow this prescription – celebrating God’s goodness, asking for his help, leaving your concerns with him, and meditating on good things – you will experience God’s peace. While anxiety is a part of life, it doesn’t have to dominate your life.
The letter Paul wrote to the church in Philippi has traveled across generations to nourish and challenge our hearts and minds today. This five-day devotional gives you a taste of the book of Philippians, many centuries from when God authored it through Paul. May God fill you with wonder and expectation as you read this letter of joy! Because these are not just Paul’s words to an ancient church—these are God’s words to you.
Stress is real, but it doesn’t have to run your life. Through Christ, we can reframe it, refocus it, and redefine it. If you’re struggling with stress, check out this 5-day Bible Plan to learn how to find freedom and peace.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's