Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?” Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.” “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel. Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan. Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe. Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.” Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?
Lees MARKUS 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 8:27-36
7 Days
Do you ever feel like you’re doing all the right things with all the wrong outcomes? Maybe you’re trying to connect with God, but you feel farther from Him than ever. If you’re on the brink of burnout, this 7-day Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, is for you. It’s time to stop working for Jesus and start walking in the way of Jesus.
9 Days
New York Times bestselling author and renowned pastor, Timothy Keller shares a series of episodes from the life of Jesus as told in the book of Mark. Taking a closer look at these stories, he brings new insights on the relationship between our lives and the life of the son of God, leading up to Easter. JESUS THE KING is now a book and study guide for small groups, available wherever books are sold.
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's