JOHANNES 5:6-9

JOHANNES 5:6-9 AFR83

Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?” Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.” Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 5:6-9