'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie. Hy sal die armes billik verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel. Hy sal die goddeloses in die land hard oordeel, met sy uitsprake sal hy hulle om die lewe bring. Hy sal regverdig en betroubaar regeer. Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg. Koeie en bere sal saam wei, hulle kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste. Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange. Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is. In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai 'n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet.
Lees JESAJA 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 11:1-10
7 Dae
Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.
28 Days
Don't lose your focus for the reason of the Christmas season—Jesus. Celebrating Advent is a beautiful way to keep Christ central in the holiday and in this reading plan, you'll take a journey through Scripture to worship our King with daily Bible readings and devotions.
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's