Uit die stomp van Dawid se familie sal ’n takkie groei, ’n tak wat vrugte sal dra. Die Gees van die HERE sal op hom rus, die Gees wat wysheid en insig bring, die Gees wat raad en krag bring, die Gees wat kennis en eerbied vir die HERE bring. Hy sal sy vreugde daarin vind om die HERE te gehoorsaam. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn of op vals getuienis of hoorsê nie. Hy sal die armes en verdruktes beskerm. Teen die bose mense sal hy optree en met die asem van sy mond hulle om die lewe bring. Hy sal regverdigheid aantrek, en ook waarheid. Daardie dag sal die wolf die gas van die lam wees. Die luiperd en die bokkie sal langs mekaar lê. Kalwers en vetgemaakte beeste sal veilig by leeus wees, en ’n kindjie sal vir almal sorg. Vee sal tussen bere wei, hulle kleintjies sal by mekaar lê en leeus sal gras vreet soos beeste. Babas sal veilig tussen giftige slange speel. ’n Kindjie sal sy hand uitsteek na giftige slange en niks oorkom. Niks of niemand sal op my heilige berg verwoesting of kwaad aanrig nie. Soos die water die see vol maak, so sal die aarde vol wees van mense wat die HERE ken. Daardie dag sal die erfgenaam van Dawid se troon ’n vlag opsteek wat vir die hele wêreld redding sal bring. Die nasies sal na hom toe kom, want die land waar hy bly, sal ’n heerlike plek wees.
Lees JESAJA 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 11:1-10
7 Dae
Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.
28 Days
Don't lose your focus for the reason of the Christmas season—Jesus. Celebrating Advent is a beautiful way to keep Christ central in the holiday and in this reading plan, you'll take a journey through Scripture to worship our King with daily Bible readings and devotions.
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's