Ten spyte daarvan dat die nageslag van Dawid getref word soos ’n boom wat afgekap word, sal daar tog weer uit die stomp van Isai wat oorbly, ’n takkie begin groei. Uit die ou wortel wat nog in die grond was, sal ’n nuwe tak uitkom wat sal vrugte dra. Die Gees van die Here sal in hom wees en sal hom help om situasies reg op te som en die regte besluite te neem. Die Gees sal hom toerus om ’n vaardige koning te wees wat weet wat hy wil doen. Hy sal onder leiding van die Gees in ’n intieme verhouding met die Here leef en Hom met eerbied dien. Dit sal vir hom ’n vreugde wees om die Here te dien. Hy sal nie mense op hulle baadjie takseer of toelaat dat skinderpraatjies hom mislei as hy ’n besluit moet neem nie. Hy sal die armes se hofsake regverdig behartig en die behoeftiges se regte beskerm. Maar teen die goddeloses sal hy genadeloos optree en hulle uitroei. Hy sal sy mense regverdig behandel en met integriteit optree. In daardie tyd sal ’n wolf en ’n lammetjie saam bly; die luiperd sal tussen die boklammers lê en slaap. Kalwers en vetgevoerde beeste sal loop en wei terwyl die leeus tussen hulle rondloop, en klein kindertjies sal hulle oppas. Koeie en bere sal saam wei terwyl hulle kleintjies by mekaar lê. In dié tyd sal leeus net soos beeste van gras leef. Babas sal by die gate van giftige slange kan speel en al sou ’n klein kindjie uit nuuskierigheid sy hand in die gat steek waarin daar ’n giftige slang is, sal hy niks oorkom nie. In God se nuwe wêreld sal daar nie meer misdaad en korrupsie wees nie, want net so vol as wat die see met water is, so vol sal die aarde wees met kennis van die Here se wil. In daardie tyd sal die nuwe koning uit die geslag van Dawid ’n teken wees vir al die nasies. Hy sal aansien onder die nasies hê en hulle sal met respek van hom praat.
Lees Jesaja 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 11:1-10
7 Dae
Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.
28 Days
Don't lose your focus for the reason of the Christmas season—Jesus. Celebrating Advent is a beautiful way to keep Christ central in the holiday and in this reading plan, you'll take a journey through Scripture to worship our King with daily Bible readings and devotions.
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's