In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag. Toe het God gesê: “Laat daar 'n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.” So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag. Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.” So het dit gebeur. God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed. Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.” So het dit gebeur. Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.
Lees GENESIS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 1:1-12
4 Days
When you gave your life to God, you accepted the most generous gift of all. This four-day Bible Plan from Life.Church will help you discover the only rational response. Start reading part four of the six-part Stay Positive series.
5 Days
Entrepreneurship and creativity can be used in powerful ways to glorify God, love others, and make disciples of Jesus Christ. In this five day plan, you will read Scripture and stories from C.S. Lewis, Arthur Guinness, J.R.R. Tolkien, and Casper ten Boom: four Christians who embraced the call to create and who will inspire you to do the same.
6 Days
What is truth? Culture is buying the lie that truth is a river, ebbing and flowing with the passage of time. But truth is not a river—it is a rock. And in a raging sea of opinions, this plan will help anchor your soul—giving you a clear sense of direction in a wandering world.
Change isn’t easy, but it isn’t impossible, either. Starting a few small good habits can change how you see yourself today and transform you into the person you want to be tomorrow. This Life.Church Bible Plan moves through Scripture with a simple acronym for making good daily habits that actually stick.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's