Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie , of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei. Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte soos: “Hieraan mag jy nie vat nie!” “Daaraan mag jy jou mond nie sit nie!” “Daaraan mag jy nie raak nie!”? Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is om gebruik te word en te vergaan, en dit is maar net gebooie en leerstellings van mense. Hierdie leerstellings het wel 'n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie.
Lees KOLOSSENSE 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: KOLOSSENSE 2:16-23
5 Days
In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will journey with you through the first section of Hebrews (1:1—3:6) and discuss Jesus: The Superior Person. Hebrews was written to encourage believers to never give up. So, if you have ever faced discouragement in your journey of faith, then this is the book you should study to find encouragement and hope to finish the race of faith well.
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
25 Days
Don’t let the busyness and pressure of this holiday season rob you of the joy and true celebration of our Savior Jesus this December! Receive daily encouragement through Pastor Greg Laurie’s special Christmas devotions, as he reflects on the true meaning of this most celebrated time of the year. Harvest Ministries with Greg Laurie
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's