KOLOSSENSE 2:16-23

KOLOSSENSE 2:16-23 NLV

Moet dus nie toelaat dat enigiemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere feesdae of die Nuwemaanfees of Sabbatte nie. Al hierdie dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Christus! Laat niemand wat aandring op selfvernedering en engelverering – en dit met ’n beroep op visioene! – julle op sleeptou neem nie. Verniet dink hierdie mense, tipies van hulle sondige geaardheid, baie van hulleself. Hulle is nie aan die hoof verbind uit wie die hele liggaam groei nie. Vanuit die hoof groei die hele liggaam, ondersteun en saamgebind deur gewrigte en spiere. Gód laat dit groei! Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte soos: “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moenie aanraak nie”? Dit is alles dinge wat verbruik word en vergaan – soos dit gaan met mensgemaakte voorskrifte en leringe. Met hulle selfuitgedinkte godsdienstige toewyding, selfvernedering en streng liggaamlike dissipline het hierdie voorskrifte nogal die reputasie dat hulle wysheid bevat. Inderwaarheid is hulle nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.

Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 2:16-23

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid