Daar sit Hy nou op die ereplek langs God. God het Hom belangriker as enige ander hemelse wese gemaak. Daar is nie ’n hemelse wese wat in status of posisie naby die Seun kom nie. Hy is eenvoudig baie groter as hulle. Daar is nie enige hemelse wese oor wie God ooit die dinge gesê het wat Hy oor sy Seun gesê het nie. Vir wie van hulle het Hy ooit gesê: “Jy is my Seun; Ek is jou Vader van vandag af,” of: “Ek is sy Vader en Hy is my Seun”? God het hierdie Seun van Hom die spesiale ereposisie as die oudste Seun gegee. Dit is ’n besondere voorreg. God sê dan: “Al die hemelse wesens moet Hom dien soos hulle My dien.” Wanneer God van die hemelse wesens praat, sê Hy wel: “God maak sy boodskappers soos die wind en sy dienaars soos weerligstrale.” Maar van sy Seun sê Hy: “U, o God, sal vir ewig en altyd heers. Soos ’n koning sal U vir altyd goed en reg regeer. U hou van dinge wat reg is en wil niks te doen hê met dinge wat verkeerd is nie. God het U gevra om oor alles te heers, terwyl almal baie bly was daaroor. Nie een van die ander wat saam met U daar was, het ’n kans gestaan nie.” God sê nog ander dinge ook oor sy Seun. Hy sê: “Here, U het alles begin. U het die aarde gemaak. Met u hande het U die hemel sy vorm gegee. Al hierdie dinge sal eendag vergaan en nie meer daar wees nie. Soos ’n stuk klere stukkend gaan en uiteindelik weggegooi word, so sal al dié dinge ook eendag verdwyn, maar U sal vir altyd daar wees. Soos klere sal U alles wat gemaak is, opvou en iets anders in die plek daarvan sit. U bly egter vir ewig en altyd dieselfde. U word nooit oud nie en sal ook nooit doodgaan nie.” Luister ’n bietjie, het God ooit dít van die hemelse wesens gesê: “Sit hier op die spesiale ereplek langs My tot Ek al jou vyande magteloos voor jou laat lê”? Is die hemelse wesens nie eintlik maar net geeste wat God stuur om sy mense te help nie?
Lees Hebreërs 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 1:4-14
3 Days
Whenever someone asks us if we believe in premarital sex we respond by saying “yes and no.” It’s a confusing answer at first, but it gives us an opportunity to make an important point. God affirms our sexuality as human beings and we can’t suddenly become asexual. For this reason, we believe in premarital sexuality. We are quick to follow up, however, by saying that having genital sex before marriage is clearly not in line with God’s principles.
5 Days
When Jesus announced the start of his ministry, he used the words of Isaiah 61. His mission, he declared was to bring good news to the poor; releasing the captive, binding up the broken hearted, comforting those who mourn. But what does good news look like?
In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will journey with you through the first section of Hebrews (1:1—3:6) and discuss Jesus: The Superior Person. Hebrews was written to encourage believers to never give up. So, if you have ever faced discouragement in your journey of faith, then this is the book you should study to find encouragement and hope to finish the race of faith well.
7 Days
Jesus — Is there anyone greater? NO! This is Part One of Nine devotional plans walking us through the Book of Hebrews. This first part sets the stage of Jesus’ Greatness and shows what sets Him apart. God’s people faced a tough choice — follow Jesus and lose everything, or go back. Is following Jesus worth losing so much? We find ourselves asking — and responding — to the same question today.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's