Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele. God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie: “Jy is my Seun. Vandag het Ek jou Vader geword.” Op ’n ander plek sê God weer: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees.” En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “En laat al die engele van God Hom aanbid.” God sê van die engele: “Hy verander sy engele in stormwinde, sy dienaars in vuurvlamme.” Maar vir die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir altyd onwankelbaar vas. U koninklike heerskappy word gekenmerk deur regverdigheid. U het lief wat reg is en U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugde tot koning gesalf – ver verhewe bo almal saam met U.” En verder: “O Here, U het heel aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is u handewerk. Hierdie dinge sal vergaan, maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak. Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol; soos ’n bo-kleed sal hulle verander word. Maar U bly steeds Uself en U leef vir altyd.” En God het nooit aan ’n engel gesê nie: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.” Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.
Lees HEBREËRS 1
Luister na HEBREËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 1:4-14
3 Days
Whenever someone asks us if we believe in premarital sex we respond by saying “yes and no.” It’s a confusing answer at first, but it gives us an opportunity to make an important point. God affirms our sexuality as human beings and we can’t suddenly become asexual. For this reason, we believe in premarital sexuality. We are quick to follow up, however, by saying that having genital sex before marriage is clearly not in line with God’s principles.
5 Days
When Jesus announced the start of his ministry, he used the words of Isaiah 61. His mission, he declared was to bring good news to the poor; releasing the captive, binding up the broken hearted, comforting those who mourn. But what does good news look like?
In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will journey with you through the first section of Hebrews (1:1—3:6) and discuss Jesus: The Superior Person. Hebrews was written to encourage believers to never give up. So, if you have ever faced discouragement in your journey of faith, then this is the book you should study to find encouragement and hope to finish the race of faith well.
7 Days
Jesus — Is there anyone greater? NO! This is Part One of Nine devotional plans walking us through the Book of Hebrews. This first part sets the stage of Jesus’ Greatness and shows what sets Him apart. God’s people faced a tough choice — follow Jesus and lose everything, or go back. Is following Jesus worth losing so much? We find ourselves asking — and responding — to the same question today.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's