Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 1:4

Hoe om seks vir die huwelik te hou.
3 Dae
Wanneer iemand ons vra of ons in seks voor die huwelik glo, reageer ons met 'n “ja en nee”. Dit klink aanvanklik na 'n verwarrende antwoord, maar dit skep die geleentheid om 'n baie belangrike punt te maak. God bevestig ons seksualiteit as menslike wesens en ons kan nie skielik geslagloos word nie. As gevolg daarvan, glo ons in seksualiteit voor die huwelik. Ons volg hierdie stelling egter onmiddellik op deur te sê dat die seksdaad voor die huwelik teen God se beginsels is.

Die Koning Se Prag
5 Dae
Jesus het die begin van sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en dié te troos wat hartseer was. Hoe lyk goeie nuus egter eintlik?

Tony Evans Onderrig Oor Hebreërs
5 Dae
In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op te gee nie. Dus, as jy al ooit moedeloosheid in jou geloofsreis beleef het, dan is dit die boek wat jy moet bestudeer om bemoediging en hoop te vind om die wedloop van geloof goed te voltooi.

Groter Verlossing deur Jesus — Jesus is Groter Reeks #1
7 Dae
Jesus — Is daar iemand groter? NEE! Hierdie is deel een van nege leesplanne wat ons deur die boek van Hebreërs lei. Hierdie eerste deel lê die grondslag van Jesus se grootheid en dui aan wat Hom onderskei. God se volk het voor 'n moeilike keuse te staan gekom — volg Jesus en verloor alles, of gaan terug. Is dit die moeite werd om Jesus te volg en soveel te verloor? Ons vind dat ons vandag dieselfde vraag vra — en daarop reageer.

Here, Ek Wil Hoor!
7 Dae
Ons raak gou paniekerig wanneer ons verkeerde besluite geneem het. Soms voel dit mos net of jou lewe uitmekaar val. Ander kere is jy weer so besig dat jy nie meer weet hoe om God te vra vir hulp nie. Kom blaai hierdie week saam met my deur die Woord van God sodat ons mooi kan leer wat ons nodig het om sy stem te hoor.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim Keller
14 Dae
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.