Johannes 21:18-25

Johannes 21:18-25 CAB23

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonk was, het jy jouself omgord en gewandel waar jy wou; maar as jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander sal jou omgord en jou dra waar jy wil. Dit het hy gesê en te kenne gegee deur watter dood hy God sou verheerlik. En nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hom: Volg My. Toe Petrus omdraai, sien hy die dissipel wat Jesus liefgehad het, volg; wat ook by die maaltyd op sy bors geleun en gesê het: Here, wie is dit wat U verraai? Toe Petrus hom sien, sê hy vir Jesus: Here, en wat moet hierdie man doen? Jesus sê vir hom: As Ek wil dat hy vertoef totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? volg jy my. Toe het hierdie woord onder die broeders gegaan, dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; maar Jesus het nie vir hom gesê: Hy sal nie sterwe nie; maar: As Ek wil dat hy vertoef totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Dit is die dissipel wat van hierdie dinge getuig en dit geskryf het; en ons weet dat sy getuienis waar is. En daar is ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het, wat, as dit elkeen opgeskryf sou word, ek dink dat selfs die wêreld self nie die boeke kon bevat wat geskrywe moes word nie. Amen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid