Genesis 1:26-28

Genesis 1:26-28 CAB23

Toe het God gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see, oor die voëls van die hemel, oor die vee en oor al die diere wat op die hele aarde kruip. God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. God het hulle geseën, en vir hulle gesê: Wees vrugbaar, vermeerder, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die visse van die see, oor die voëls van die hemel en oor al die lewende wesens wat beweeg op die aarde.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid