Matteus 28:16-20

Matteus 28:16-20 AFR20

Die elf dissipels het na Galilea gegaan, na die berg waarheen Jesus hulle ontbied het. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel. Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd. ”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid