Die HERE het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete, ‘Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit die Huttefees – sewe dae lank tot eer van die HERE. Op die eerste dag is daar 'n heilige byeenkoms. Julle mag geen gewone take verrig nie. Sewe dae lank moet julle daagliks 'n offergawe vir die HERE bring. Op die agtste dag moet julle 'n heilige byeenkoms hou en ook 'n offergawe vir die HERE bring. Dit is 'n gewyde rusdag, julle mag geen gewone take verrig nie. “ ‘Dit is die feesdae van die HERE wat julle as heilige byeenkomste moet uitroep om offergawes aan die HERE te bring: brandoffers, graanoffers, maaltydoffers en drankoffers soos wat daar vir elke feesdag vereis word, afgesien van die gewone Sabbatte van die HERE, julle gewone gawes, al julle gelofte-offers en al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee. “ ‘Onthou net, op die vyftiende dag van die sewende maand, wanneer julle die opbrengs van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier. Die eerste dag van die fees is 'n buitengewone Sabbat en die agtste dag is 'n buitengewone Sabbat. Op die eerste dag moet julle vrugte van lowerryke bome neem saam met palmtakke, die takke van welig groeiende bome en rivierwilgers, en voor die HERE julle God sewe dae lank vrolik wees. Julle moet dit as 'n fees ter ere van die HERE vier sewe dae lank in die jaar. Dit is 'n vaste voorskrif wat vir altyd vir julle nageslagte geld. In die sewende maand moet julle hierdie fees vier. Julle moet in hutte woon sewe dae lank. Al die gebore Israeliete moet in Israel in hutte woon, sodat julle nageslagte kan weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland laat wegtrek het. Ek is die HERE julle God.’ ”
Lees Levitikus 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 23:33-43
5 dae
Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye” (Lev 23:2). In hierdie plan kyk ons na die feestye wat God se heilige samekomste is waartydens die mense gerus en fees gevier het.
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's