Die HERE het vir Moses gesê: “Die Israeliete moet op die vyfde dag ná die Dag van Versoening begin met die Huttefees. Hierdie fees vir die HERE duur sewe dae. “Dit begin met ’n heilige byeenkoms en al julle werk moet tot stilstand kom. Op elk van die sewe feesdae moet julle vuuroffers vir die HERE bring. Op die agtste dag moet julle weer bymekaarkom vir ’n heilige byeenkoms en nog ’n vuuroffer vir die HERE bring. Dit moet ’n plegtige byeenkoms wees en geen werk mag op dié dag gedoen word nie. “Dit is al die HERE se jaarlikse feeste, die feeste met heilige byeenkomste, en bring al die verskillende vuuroffers vir die HERE: brandoffers, graanoffers, offermaaltye, drankoffers, elkeen op die gepaste dag. Hierdie feeste moet gehou word bo en behalwe die Sabbatdae van die HERE. Die offers wat gebring word, word gegee naas julle persoonlike gawes en die offers wat julle maak om ’n gelofte na te kom of enige vrywillige offer wat julle vir die HERE bring. “Die Huttefees val op die vyftiende dag van die sewende maand nadat julle die opbrengs van die land geoes het. Dit duur sewe dae lank. Onthou dat die eerste en die agtste dag van die fees rusdae sal wees. Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem en ook palmblare en ander takke waaraan daar blare is en ook wilgers wat by riviere groei, bymekaarmaak. Vier dan sewe dae lank met blydskap fees in die teenwoordigheid van die HERE. Julle moet hierdie fees van sewe dae vir die HERE elke jaar vier. Dit is ’n permanente reëling vir julle en moet ook deur toekomstige geslagte nagekom word. Vir sewe dae lank moet alle gebore Israeliete in hutte woon wat van hierdie takke gemaak is. Dit sal elke nuwe geslag Israeliete herinner aan hulle voorouers wat so in hutte moes leef toe Ek hulle uit Egipte gered het. Ek, die HERE, is julle God.”
Lees LEVITIKUS 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: LEVITIKUS 23:33-43
5 dae
Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye” (Lev 23:2). In hierdie plan kyk ons na die feestye wat God se heilige samekomste is waartydens die mense gerus en fees gevier het.
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's