Die Here het ook nog verder deur Moses vir die Israeliete gesê: “Die fees van die hutte is op die vyftiende dag van dieselfde sewende maand. Julle moet dit sewe dae lank tot eer van die Here vier. Julle moet op die eerste dag vir die Here saamkom. Julle moet op daardie dag ook al julle werk laat staan. Vir die volgende sewe dae moet julle elke dag vir die Here ’n offer bring. Die agtste dag is ’n besondere feesdag. Julle moet op daardie dag weer bymekaarkom en vir die Here nog ’n offer bring. Julle moet ook op hierdie dag julle werk laat staan.” “Dit is dan al die feesdae van die Here. Op hierdie dae moet julle byeenkomste hou. Bring vir die Here offers wat verbrand word, offers wat op die altaar gebring word, offers wat julle saam met die Here eet en ook offers van wyn soos dit vir elkeen van die feesdae bepaal is. Die dae moet gevier word bo en behalwe die gereelde rusdae van die Here op elke sewende dag. Die offers wat julle by die feeste bring, kom nog by die geskenke en die offers wat julle vir die Here belowe het en by die vrywillige offers wat julle uit julle eie vir die Here bring. Wanneer die fees van die hutte op die vyftiende van die sewende maand begin, is dit ook die tyd dat julle die vrugte van die land begin oes. Dit is dan dat julle sewe dae lank die fees van die Here vier. Die eerste en die agtste dag is rusdae. Op die eerste dag moet julle takke van vrugtebome, palmtakke, takke van bome met digte blare en takke van rivierwilgers afpluk. Dan moet julle sewe dae lank feesvier voor die Here julle God. Dit moet vir julle en julle nageslag ’n vaste gebruik wees dat julle elke jaar in die sewende maand sewe dae lank hierdie fees vir die Here vier. Elke gebore Israeliet bly dan sewe dae lank in die hutte wat julle met die takke gebou het. Dit sal julle nageslag daaraan herinner dat Ek die Israeliete in hutte laat bly het toe Ek hulle uit Egipte uit weggevat het. Ek is die Here julle God.”
Lees Levitikus 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 23:33-43
5 dae
Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye” (Lev 23:2). In hierdie plan kyk ons na die feestye wat God se heilige samekomste is waartydens die mense gerus en fees gevier het.
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's