Jeremia 29:10-14

Jeremia 29:10-14 AFR20

Ja, so sê die HERE: “As sewentig jaar vir Babel verloop het, sal Ek aan julle aandag gee en my goeie belofte aan julle gestand doen, om julle na hierdie plek toe terug te bring. Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die HERE. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle 'n toekoms en hoop te gee. Julle sal My aanroep, en kom en tot My bid, en Ek sal na julle luister. Julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart raadpleeg. Ek sal My deur julle laat vind,” is die uitspraak van die HERE, “en Ek sal julle lot verander en julle bymekaarmaak uit al die nasies en al die plekke waarheen Ek julle verdryf het,” is die uitspraak van die HERE, “en Ek sal julle terugbring na die plek waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid