Jakobus 4:13-17

Jakobus 4:13-17 AFR20

Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na hierdie of daardie stad gaan, en 'n jaar daar deurbring, en handel dryf en wins maak.” Julle weet nie eers wat môre gaan gebeur nie. Hoe is julle lewe dan? Dit is maar 'n miswolkie, wat net vir 'n kort rukkie verskyn en dan weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil en ons nog leef, sal ons dit of dat doen.” Maar nou spog julle oor julle hoogmoedige optrede. Sulke gespog is verkeerd. As iemand weet om die goeie te doen en dit nie doen nie, is dit vir hom sonde.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jakobus 4:13-17