1 Korinthiërs 10:5-11

1 Korinthiërs 10:5-11 AFR20

Nogtans het God in die meeste van hulle nie 'n behae gehad nie, want hulle liggame is in die woestyn verstrooi. Hierdie dinge het gebeur as 'n voorbeeld vir ons, sodat ons nie na bose dinge sal hunker, soos hulle ook gehunker het nie. Moenie afgodedienaars wees, soos sommige van hulle nie; daar staan immers geskryf: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en opgestaan om te speel.” Laat ons dan nie onsedelik optree, soos sommige van hulle onsedelik opgetree het nie – daar het op een dag drie-en-twintigduisend gesterf. Laat ons nie vir Christus beproef, soos sommige van hulle Hom beproef het nie – hulle is deur slange doodgemaak. En moenie mor, soos sommige van hulle gemor het nie – hulle is deur die vernietiger uitgedelg. Dit het met daardie mense as voorbeeld gebeur, en is as waarskuwing neergeskryf vir ons wat in die eindtyd verkeer.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 10:5-11

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid