1 KORINTIËRS 10:5-11

1 KORINTIËRS 10:5-11 NLV

En tog was God met die meeste van hulle ontevrede en het Hy hulle in die woestyn laat omkom. Hierdie gebeurtenisse moet vir ons tot waarskuwing dien sodat ons nie na verkeerde dinge hunker soos hulle gedoen het nie. Ons moet nie afgode dien soos party van hulle nie. Die Skrif sê: “Die volk het gaan sit om fees te vier en opgestaan om voor die afgod danse uit te voer.” Ons moet ons ook nie aan onsedelike dade skuldig maak soos party van hulle nie. Die gevolg was dat 23 000 van hulle op een dag gesterf het. Ook moet ons Christus nie uittart soos sommige van hulle gedoen het en toe deur slangbyte omgekom het nie. En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku – ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 10:5-11

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid