Matteus 14:25-32

Matteus 14:25-32 ABA

Vroeg die volgende oggend, voordat dit lig geword het, het Jesus na hulle toe gekom. Hy het op die see geloop. Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle baie bang geword en gesê: “Dit is 'n spook!” Hulle was baie bang, en hulle het hard geskree. Jesus het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Toemaar, dit is Ek! Moenie bang wees nie.” Petrus sê toe vir Jesus: “Here, as dit U is, sê dan ek moet op die water na U toe loop.” Jesus het vir hom gesê: “Kom!” Petrus het uit die boot geklim, en toe het hy op die water geloop na Jesus toe. Maar toe Petrus sien die wind is sterk, het hy bang geword. Hy het begin sink en hy het geskree: “Here, red my!” Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en Hy het hom gegryp en vir hom gesê: “Hoekom is jou geloof so min, hoekom het jy begin twyfel?” Hulle het in die boot geklim, en die wind het opgehou waai.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid