Jakobus 4:4-7

Jakobus 4:4-7 ABA

Julle is slegte en sondige mense. Julle weet baie goed dat wanneer iemand 'n vriend is van die mense van die wêreld, dan is hy 'n vyand van God. Die mens wat graag 'n vriend wil wees van die mense van die wêreld, wys dat hy 'n vyand van God is. In die Ou Testament is geskryf: “ God het die lewe vir ons gegee, Hy wil ons lewe heeltemal vir Homself hê.” Julle weet dit is waar. Maar God gee vir 'n mens nog meer genade. Daarom sê God in die Ou Testament: Wanneer mense dink dat hulle vir ander mense kan spot, dan spot God vir húlle. Wanneer mense weet dat hulle nie hulleself kan help nie, dan is God goed vir hulle. Julle moet gehoorsaam wees aan God, julle moet veg teen die duiwel, dan sal hy wegvlug van julle.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid