PSALMS 107

107
BOEK VYF (PSALM 107–150)
Here, help ons!
1Dank die Here, want Hy is goed!
Sy trou ken geen einde nie.
2Hulle wat deur die Here gered is,
sal sê dat Hy
hulle verlos het
van die vyand,
3en dat Hy hulle versamel het
uit baie nasies
uit die ooste en die weste,
uit die noorde en die suide.
4Sommige mense
het in ’n dorre land rondgedwaal,
in ’n woesteny;
maar die pad na ’n bewoonde stad
kon hulle nie kry nie.
5Hulle was honger en dors,
hulle was heeltemal uitgeput.
6Here, help ons!”
het hulle geroep,
en Hy het hulle
uit hulle nood gered.
7Hy het hulle
op die regte pad gelei,
na ’n stad waar hulle kon woon.
8Laat hulle die Here loof
vir sy liefde,
en vir sy wonderdade
aan mense.
9Want Hy les die dors
van hulle wat dors is,
en versadig hulle wat honger is
met goeie dinge.
10Sommige mense
was in duisternis,
in diep donkerte,
ellendige gevangenes
in ysterboeie.
11Hulle het in opstand gekom
teen die voorskrifte van God.
Die leiding
van die Allerhoogste
het hulle geminag.
12Daarom het Hy hulle onderwerp
deur hulle harde arbeid
te laat doen;
hulle het gestruikel,
en daar was niemand
om te help nie.
13Here, help ons!”
het hulle geroep
toe hulle in nood was,
en Hy het hulle
uit al hulle ellende bevry,
14hulle uit duisternis en somberheid
gered,
en hulle boeie stukkend gebreek.
15Laat hulle die Here loof
vir sy liefde
en vir al sy wonderdade
aan mense.
16Want Hy breek koperdeure af,
en kap ystertralies stukkend.
17Sommige mense
was dwaas in hulle opstand
en het weens hulle eie sondes gely.
18Al hulle eetlus was weg,
en die dood was naby.
19Here, help ons!”
het hulle geroep in hulle nood,
en Hy het hulle
uit al hulle ellende gered.
20Met ’n woord wat Hy gestuur het,
het Hy hulle genees,
en hulle van die dood weggeruk.
21Laat hulle die Here loof
vir sy liefde,
en vir al sy wonderdade
aan hulle.
22Laat hulle dankoffers bring
en met vreugde
van sy dade vertel.
23Sommige mense
het met skepe
op die see gevaar,
en op die groot oseane
handel gedryf.
24Hulle het die Here se werk
gesien,
sy wonderdade op die diepsee.
25Hy praat,
en die stormwinde steek op,
en die golwe word al hoër.
26Die skepe is
hemelwaarts geslinger
en het dan weer
dieptes toe getuimel.
Die matrose,
radeloos van vrees,
27het net soos dronkaards
getol en gewaggel,
en al hulle kennis
was tevergeefs.
28Here, help ons!”
het hulle geroep in hulle nood,
en Hy het hulle
uit al hulle ellende gered.
29Hy het die storm stilgemaak
en die golwe het bedaar.
30Hulle was bly
toe dit kalm word
en Hy hulle
na die hawe toe lei
waar hulle wou wees.
31Laat hulle die Here loof
vir sy liefde
en vir al sy wonderdade
aan hulle.
32Laat hulle Hom verheerlik
in die vergadering
van die volk,
en Hom prys
in die byeenkoms
van die leiers.
33Hy verander
riviere in woestyne,
fonteinryke plekke
in ’n dorsland,
34en vrugbare landerye
in brakgrond,
weens die kwaad
van die inwoners.
35Maar Hy verander ook
woestyne in waterryke vleie,
droë grond in fonteinryke plekke
36waar Hy hongeriges laat bly
wat stede kan bou
om in te woon.
37Hulle bewerk lande,
en plant wingerde
wat goeie oeste oplewer.
38Hy seën hulle
en hulle vermeerder;
ook hulle beeste
laat Hy nie verminder nie.
39Wanneer hulle verminder
en kwyn,
deur verdrukking,
onheil en verdriet,
40tref Hy hulle leiers
met vernedering
sodat hulle rondswerf
in ’n woesteny sonder ’n pad.
41Maar die armes in nood
beskerm Hy,
en Hy maak hulle nageslag
so talryk soos troppe vee.
42Die opregtes sal dit sien
en bly wees,
maar al die goddeloses
sal stom word.
43Laat dié wat verstandig is
dit ter harte neem,
en hulle aandag vestig
op die trou van die Here.

Tans Gekies:

PSALMS 107: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid