Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees: Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei. Dan, wanneer Christus terugkom, sal ek tevrede wees dat ek nie verniet gejaag en geswoeg het nie. Selfs al word my lewe soos ’n drankoffer uitgegiet bo-op die offer van julle gelowige diens aan God, is ek bly daaroor en wil ek saam met julle almal bly wees daaroor. Laat my vreugde hieroor ook julle vreugde wees!
Lees FILIPPENSE 2
Luister na FILIPPENSE 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 2:3-18
3 days
Maybe God isn’t who you think He is. Maybe He’s much better. This devotional will help identify some Christian clichés we’ve all heard that are actually unbiblical lies. These clichés may seem innocent, but are harmful to our faith and keep far too many believers stuck in spiritual immaturity. Learn to encounter these lies with the truths about God in the Bible, to bring encouragement and freedom to our lives.
3 Days
When Jesus died on the cross, His blood ran from the pillars of wood to the very depths of our spirits. We were finally reunified with God, who speaks to us through a universal language that directly translates to our situation — no matter who we are, no matter where we came from, and no matter what walls divide us. He bled out so all could come in!
5 Days
The letter Paul wrote to the church in Philippi has traveled across generations to nourish and challenge our hearts and minds today. This five-day devotional gives you a taste of the book of Philippians, many centuries from when God authored it through Paul. May God fill you with wonder and expectation as you read this letter of joy! Because these are not just Paul’s words to an ancient church—these are God’s words to you.
When a crisis happens in our world, it’s easy to question our faith, and it’s hard to replace the panic we face with the peace we’re promised as Jesus-followers. In this 5-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s series, Not Afraid, we’ll discover three things we can do as Christians in the face of a crisis.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's