1
Markos 2:17
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Toe Yeshua hulle hoor, sê Hy vir hulle: “Die wat gesond is, het nie ’n behoefte aan die dokter nie, maar die wat siek is, het sieker geword. Ek het nie gekom om die onskuldiges te roep nie, maar sondaars.”
Vergelyk
Verken Markos 2:17
2
Markos 2:5
Toe Yeshua hulle vertroue sien, sê Hy vir die verlamde: “My seun, jou sondes is vir jou vergewe!”
Verken Markos 2:5
3
Markos 2:27
Hy sê vir hulle: “Die Shabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Shabbat nie
Verken Markos 2:27
4
Markos 2:4
Omdat hulle weens die skare nie naby Hom kon kom nie, het hulle op die dak geklim en die dakteëls van die plek waar Yeshua was, oopgemaak en die draagbaar, waarop die verlamde lê, laat sak.
Verken Markos 2:4
5
Markos 2:10-11
Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens outoriteit het om op die aarde sondes te vergewe,” sê Hy vir die verlamde: “Vir jou sê ek: ‘Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe’.”
Verken Markos 2:10-11
6
Markos 2:9
Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op, tel jou draagbaar op en loop?’
Verken Markos 2:9
7
Markos 2:12
Hy het in ’n oomblik opgestaan, sy draagbaar opgetel en voor almal se oë uitgegaan sodat almal verbaas was en aan God lof, eer en waarde gebring en gesê het: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”
Verken Markos 2:12
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's