1
Kolossense 3:13
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klagte het, net soos Die Gesalfde Een julle vergeef het, so moet julle ook vergewe.
Vergelyk
Verken Kolossense 3:13
2
Kolossense 3:2
Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie
Verken Kolossense 3:2
3
Kolossense 3:23
Doen alles wat julle doen vanuit julle hele verstand, wil en emosie soos vir ons Meester en nie vir mense nie
Verken Kolossense 3:23
4
Kolossense 3:12
As hulle wat gekies is deur God daarom afgesonder is, hulle vir wie Hy lief is, trek onverdiende guns, omgee, sagte goedheid, nederigheid, sagtheid en geduld aan.
Verken Kolossense 3:12
5
Kolossense 3:16-17
sodat Sy boodskap ryklik in julle kan bly in wysheid. Leer en onderrig mekaar in die Psalms (gedigte met instrumentale musiek), in lofsange en in liedere van die Gees en sing in julle verstand, wil en emosie met dankbaarheid tot God. Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.
Verken Kolossense 3:16-17
6
Kolossense 3:14
Saam met dit alles, trek die liefde aan wat die band tot volmaaktheid is
Verken Kolossense 3:14
7
Kolossense 3:1
As julle dus saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit.
Verken Kolossense 3:1
8
Kolossense 3:15
en die vrede van Die Gesalfde Een sal julle verstand, wil en emosie beheer, waartoe julle geroep is in een liggaam en wees dankbaar teenoor Die Gesalfde Een
Verken Kolossense 3:15
9
Kolossense 3:5
Maak daarom die aardse dele van julle liggaam, naamlik seksuele oortredings, onreinheid, wellus, bose begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, dood
Verken Kolossense 3:5
10
Kolossense 3:3
want julle is dood en julle lewe is saam met Die Gesalfde Een weggesteek in God.
Verken Kolossense 3:3
11
Kolossense 3:8
maar nou moet julle al hierdie dinge afgooi: kwaadword, woede, boosheid, kwaadpraat en vuil taal.
Verken Kolossense 3:8
12
Kolossense 3:9-10
Moet ook nie vir mekaar lieg nie, gooi af die ou mens en sy dade en trek die nuwe aan wat voortdurend in kennis, in die beeld van sy Skepper, nuut gemaak word
Verken Kolossense 3:9-10
13
Kolossense 3:19
Mans, julle moet jul vroue liefhê en nie bitter wees teenoor hulle nie.
Verken Kolossense 3:19
14
Kolossense 3:20
Kinders, julle moet julle ouers in alles gehoorsaam wees, want dit stel ons Meester tevrede.
Verken Kolossense 3:20
15
Kolossense 3:18
Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam volgens wat reg is in Die Gesalfde Een.
Verken Kolossense 3:18