Kolossense 3
3
1As julle dus saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit. Ps 110:1; Mat 6:33
2Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie, Yog 4:32
3want julle is dood en julle lewe is saam met Die Gesalfde Een weggesteek in God.
4Wanneer Die Gesalfde Een, wat ons lewe is, openbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid openbaar word.
5Maak daarom die aardse dele van julle liggaam, naamlik seksuele oortredings, onreinheid, wellus, bose begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, dood,
6want as gevolg van hierdie dinge kom die woede van God oor Sy ongehoorsame kinders,
7waarin julle ook vroeër geleef het toe julle vasgevang was daarin,
8maar nou moet julle al hierdie dinge afgooi: kwaadword, woede, boosheid, kwaadpraat en vuil taal.
9Moet ook nie vir mekaar lieg nie, gooi af die ou mens en sy dade
10en trek die nuwe aan wat voortdurend in kennis, in die beeld van sy Skepper, nuut gemaak word, Gen 1:26,27
11waar daar nie Jood en Arameër, besnedene en onbesnedene, Griek en barbaar, of slaaf en vryman is nie, maar Die Gesalfde Een alles en in almal is.
12As hulle wat gekies is deur God daarom afgesonder is, hulle vir wie Hy lief is, trek onverdiende guns, omgee, sagte goedheid, nederigheid, sagtheid en geduld aan.
13Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klagte het, net soos Die Gesalfde Een julle vergeef het, so moet julle ook vergewe.
14Saam met dit alles, trek die liefde aan wat die band tot volmaaktheid is Efe 3:15-19
15en die vrede van Die Gesalfde Een sal julle verstand, wil en emosie beheer, waartoe julle geroep is in een liggaam en wees dankbaar teenoor Die Gesalfde Een
16sodat Sy boodskap ryklik in julle kan bly in wysheid. Leer en onderrig mekaar in die Psalms (gedigte met instrumentale musiek), in lofsange en in liedere van die Gees en sing in julle verstand, wil en emosie met dankbaarheid tot God.
17Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.
18Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam volgens wat reg is in Die Gesalfde Een.
19Mans, julle moet jul vroue liefhê en nie bitter wees teenoor hulle nie.
20Kinders, julle moet julle ouers in alles gehoorsaam wees, want dit stel ons Meester tevrede.
21Vaders, moenie julle kinders kwaad maak sodat hulle nie moedeloos word nie.
22Slawe, julle moet jul meesters na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie net as jy dopgehou word soos hulle wat mense tevrede stel nie, maar in ’n suiwer verstand, wil en emosie en in die respekvolle vrees van יהוה.
23Doen alles wat julle doen vanuit julle hele verstand, wil en emosie soos vir ons Meester en nie vir mense nie
24en weet dat julle van ons Meester ’n beloning sal ontvang deur die erfporsie van יהוה, want julle dien Die Gesalfde Een.
25Wie egter verkeerd doen, sal betaal volgens wat hy verkeerd doen en daar is geen aanneming van die persoon nie. Eks 34:7; Yog 15:2,5,6; 1 Kor 3:12-15
Tans Gekies:
Kolossense 3: SPC
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.