1
Spreuke 13:20
PWL Druk Weergawe (Siries)
PWL
Hy wat saam met die wyses loop, sal wys wees, maar die metgesel van dwase sal skade ly.
Vergelyk
Verken Spreuke 13:20
2
Spreuke 13:3
Hy wat sy mond bewaak, bewaar sy lewe; hy wat te veel praat sal verwoesting op homself bring.
Verken Spreuke 13:3
3
Spreuke 13:24
Hy wat sy lat spaar, haat sy seun, maar hy wat sy seun lief het, dissiplineer hom behoorlik.
Verken Spreuke 13:24
4
Spreuke 13:12
Geseënd is die man wat gewillig is om te help; hy is meer geseënd as hy wat in verwagting rus; soos ’n boom van lewe dra hy vrugte.
Verken Spreuke 13:12
5
Spreuke 13:6
Onpartydige opregtheid bewaar die een wat opreg is in sy lewenswandel, maar boosheid werp die sondaar omver.
Verken Spreuke 13:6
6
Spreuke 13:11
Rykdom wat onregverdig verkry is, sal minder word, maar hy wat regverdig invorder sal sy rykdom vermeerder.
Verken Spreuke 13:11
7
Spreuke 13:10
Die bose man doen skandelike dinge, maar by die goed-ingeligte is wysheid.
Verken Spreuke 13:10
8
Spreuke 13:22
’n Goeie man laat ’n erfporsie na aan sy kinders se kinders en die rykdom van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
Verken Spreuke 13:22
9
Spreuke 13:1
’n Wyse seun luister na die dissipline van sy vader, maar ’n bose seun luister nie na berisping nie.
Verken Spreuke 13:1
10
Spreuke 13:18
Armoede en skande is vir hom wat dissipline verwerp, maar hy wat teregwysing ag, sal geëer word.
Verken Spreuke 13:18