1
KOLOSSENSE 3:13
Nuwe Lewende Vertaling
Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.
Vergelyk
Verken KOLOSSENSE 3:13
2
KOLOSSENSE 3:2
Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.
Verken KOLOSSENSE 3:2
3
KOLOSSENSE 3:23
Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.
Verken KOLOSSENSE 3:23
4
KOLOSSENSE 3:12
Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld.
Verken KOLOSSENSE 3:12
5
KOLOSSENSE 3:16-17
Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God. Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.
Verken KOLOSSENSE 3:16-17
6
KOLOSSENSE 3:14
Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam.
Verken KOLOSSENSE 3:14
7
KOLOSSENSE 3:1
Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.
Verken KOLOSSENSE 3:1
8
KOLOSSENSE 3:15
Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. En wees dankbaar.
Verken KOLOSSENSE 3:15
9
KOLOSSENSE 3:5
Daarom moet julle die volgende wêreldse dinge afsterf wat deel van julle lewe is: seksuele sondes, onreinheid, wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat van geld ’n god maak.
Verken KOLOSSENSE 3:5
10
KOLOSSENSE 3:3
Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek.
Verken KOLOSSENSE 3:3
11
KOLOSSENSE 3:8
Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek. Vuil taal moenie uit julle mond kom nie.
Verken KOLOSSENSE 3:8
12
KOLOSSENSE 3:9-10
Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy praktyke soos klere uitgetrek en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voortdurend nuwe insig en word só verander en nuut gemaak om al meer soos sy Skepper te lyk.
Verken KOLOSSENSE 3:9-10
13
KOLOSSENSE 3:19
Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie.
Verken KOLOSSENSE 3:19
14
KOLOSSENSE 3:20
Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede.
Verken KOLOSSENSE 3:20
15
KOLOSSENSE 3:18
Vroue, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat met Christus één is.
Verken KOLOSSENSE 3:18
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's