Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:9

Woorde waarvolgens om te leef — Craig Groeschel
3 Dae
Jou gedagtes kan jou verhinder om die regte perspektief te sien, jou terneergedruk maak en jou leuens laat glo. Jou gedagtes kan ook opbouend wees! Craig Groeschel, senior pastoor van Life.Church, het 'n paar inspirerende stukkies wyshede neergeskryf wat hy elke dag lees. Kom lees saam en vind uit hoe hierdie woorde sy lewe verander het, en volg drie eenvoudige stappe om jou eie woorde te ontdek waarvolgens jy kan leef.

Hoe om die Bybel te begin Lees
4 dae
Kom ons wees nou eerlik: ons weet dat dit 'n goeie idee is om die Bybel te lees, maar dit is redelik moeilik om te weet waar om te begin. Oor die volgende vier dae sal ons leer hoekom die Bybel belangrik is, hoe om 'n daaglikse leesgewoonte te begin en hoe dit op ons lewens van toepassing is.

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te Bid
5 Dae
Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een miljard mense. Sluit aan by die 5-dag leesplan om die Woord te lees saam met maklike en effektiewe metodes om vir mense te bid wat nie 'n Bybel het nie.

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af Aan
7 Dae
Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan help om jou huwelik teen mislukking te beskerm: Soek God; stry regverdig; hê pret; bly eerbaar; en moet nooit moed opgee nie. Begin nou en kry die huwelik wat jy nog altyd wou hê — van hierdie dag vorentoe.

7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap Sê
7 Dae
Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toepas op hierdie belangrike aspek van hulle lewens. Elke dag se oordenking sluit ‘n versbeeld in wat jy kan gebruik om op jou eie reis te deel.

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die Oorlewingsgids
7 Dae
Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of geestelik mishandel is. Ek is vir 10 jaar gemolesteer. Ek het egter genesing ontvang! Ek wil jou help om ook genees te word.

Die Bybel: 'n Verduideliking
7 Dae
Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel is, hoekom dit saak maak, en hoe jy dit vandag kan verstaan. Ons sal ook ontdek hoe jy God se Woord in sy wêreld kan aanwend.

Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus het self gesê dat dié wat Hom liefhet, sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die "Gehoorsaamheid" leesplan werk deur die Bybelverse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteit te hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, ons lewens seën en meer.

Vreugde In Alle Tydperke
30 Dae
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.