Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 7:9

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid
4 Dae
Matteus 7 is die slot van Jesus se Bergprediking en roep ons op tot onderskeiding, selfondersoek en gehoorsaamheid. Jesus waarsku teen huigelary, moedig opregte geloof aan, en herinner ons aan die realiteit van oordeel. Hierdie hoofstuk gaan oor hoe ons met ander omgaan, maar ook oor ons verhouding met God. Dit sluit af met ’n duidelike keuse: bou jou lewe op die rots van Christus of op die sand van eiegeregtigheid. Hierdie leesplan neem jou daagliks deur Matteus 7 en help jou om Jesus se woorde nie net te hoor nie, maar opreg te leef.

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te Wees
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.

Wysheid vir die Toekoms
5 dae
Staar jy ʼn moeilike uitdaging in die gesig? Is daar ʼn doelwit wat jy graag wil nastreef, maar jy voel asof jy vasgeval het? Geen opsies? Onseker oor jou volgende stap? In hierdie inspirerende leesplan ondersoek Jean Symons vyf vrae wat jou denkwyse heeltemal kan verander en God se kreatiwiteit en wysheid oor elke deel van jou lewe kan laat spoel. Trek jou joernaal nader en laat die reis begin.

Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons Almal
6 dae
Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige Gebede
7 Dae
Delf in die avontuur van 'n lewe met gebed. Sluit aan by Pastoor Adam Stadtmiller op 'n reis waar jy sal leer hoe om vir groot dinge te bid – jou olifante – onderwyl jy groter intimiteit met God bereik. Hierdie 7-dag leesplan is 'n inleiding tot Bid vir Jou Olifante.

Die Manifes vir Romantiese Afsprake
7 Dae
Nog steeds enkellopend, alhoewel jy dalk eerder getroud wil wees? Lisa Anderson, gasheer van die "Boundless-potgooi" is ook enkellopend. In haar tipiese humorgevulde styl, bied sy goeie Bybelse insigte en bemoediging wat uit haar nuwe boek, "The Dating Manifesto", kom.

Die Soektog
7 Dae
In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. 'n Vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en dalk twyfel. 'n Vraag is 'n uitnodiging tot kwesbaarheid, tot intimiteit. Die Bybel skerm nie weg van so 'n uitnodiging nie. Ons sien herhaaldelik dat God se kinders vir hul Skepper vrae vra. Ons sien ook dat die God van die heelal vrae vra aan sy skepping. Die Soektog is 'n uitdaging om hierdie uitnodiging te aanvaar. Leer om die Woord te ontgin, reageer op die vrae wat God jou vra, en bring jou vrae en versoeke na God toe. Laat die krom vraagteken jou die pad wys na 'n meer intieme verhouding met die Vader.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Versameling: Vind Saam Die Lewe
7 Dae
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.

Here, dis ek hierso!
7 dae
Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul met sy krag as jy na Hom toe kom. Hy kan selfs meer gee as wat jy vra. Roep Hom! Hy sien jou raak.

Om Soos Jesus te Bid
7 Dae
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.

The Chosen + BibleProject: Reeks 4-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vierde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

Stilword-oomblikke saam met God vir mans
7 Dae
“Ja, maar wat gaan ons daaromtrent DOEN?” Dis net natuurlik om dit te vra wanneer dinge skeefloop. En om dan te hoor “Ons sal net op God moet vertrou”, kan darem te rustig klink as ons mense is wat van kragtige optrede hou, soos die meeste mans. Maar Jesaja 30:15, om maar een plek in die Bybel te noem, sê om in moeilike tye op God te vertrou, is eintlik die heel beste wat ons kan doen. Mike Beaumont wil met hierdie sewe oordenkings mans herinner dat ons op God kan en móét vertrou. Hy is altyd daar.

Jesus leer ons hoe om te bid
10 Dae
Gebed is noodsaaklik vir ons verhouding met God. Daarom het Jesus sy dissipels geleer hoe om te bid. As voorbeeld het Hy hulle die Ons Vader gegee. Nou, byna 2 000 jaar later, is daardie woorde net so kragtig!

Leef & Laat Leef
10 Dae
Die evangelie gaan daaroor om te leef vir Christus en ander toe te laat om hulle lewens ook in Hom te vind. Deur dieper te delf in die Bergrede en hoe dit ooreenstem met die verhaal van die verlore seun, herontdek ons wat dit beteken om te leef en laat leef!

Wilde Lewe — Begin Werklik Lewe
12 Dae
Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.

Die wil van God
7 Dae
God se wil vir jou lewe hoef nie 'n raaisel te bly nie. Jou hemelse Vader wil graag die planne wat Hy vir jou lewe het aan jou bekendmaak. Dit maak nie saak of jy met 'n groot lewensbesluit worstel of net probeer om elke dag 'n pad saam met die Here te stap nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan terwyl hy jou oor God se wil leer; hoe om dit te onderskei en ook hoe om binne God se wil vir jou lewe te wandel.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

Vas soos Daniël
21 Dae
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

21 Dae Gebed
21 Dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za