Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 22:36

Die Bediening van Uitnemendheid
3 Dae
Daar is verskeie goeie redes om na uitnemendheid te streef in die werk wat ons doen: Uitnemendheid bevorder ons loopbane, maak ons invloedryk en kan tot geleenthede lei om die evangelie te verkondig. Uit hierdie 3-dag leesplan sal dit egter duidelik na vore kom dat ons na uitnemendheid moet streef ter wille van 'n baie belangriker rede — aangesien uitnemendheid in die werk wat ons gekies het om te doen, die beste wyse is waarop ons God se karakter kan uitbeeld en ons naaste kan dien en kan liefhê soos onsself.

Wees Lief Nou en Altyd
3 Dae
Om liefde te vier, strek verder as 'n bepaalde datum; dit is 'n lewe wat ander voortdurend daaraan herinner dat God se liefde gekom het om te genees, te herstel en vir ons 'n lewe te gee wat sy goedheid bekendstel. Ek nooi jou uit na hierdie 3-dag leesplan oor wát liefde verteenwoordig en hóé om ander lief te hê soos wat God dit bedoel het.

Hoe Om Jou Naaste Lief Te Hê
4 dae
In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.

Johannes 3:16 God Is Liefde
4 dae
In hierdie leesplan kyk ons na Johannes 3:16 – die Evangelie in ‘n neutedop. Aan die hand van die vers sê ons vir mekaar hoe God se liefde is: Onvoorwaardelik, opofferend, waardevol, persoonlik, toeganklik, nie veroordelend en voordelig.

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te Wees
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.

Om Soos Jesus te Leef
5 Dae
As ons Jesus met ander wil deel, moet ons soos Hy leef, soos Hy liefhê en soos Hy luister. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons Jesus se lewe van naderby bekyk om te sien hoe ons behoort te leef.

Verhoudingsdoelwitte
5 Dae
As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pastoor Michael Todd het hierdie boek geskryf: "Relationship Goals: How to Win at Dating, Marriage, and Sex", oor hoe om verhoudingsdoelwitte te hê wat van God af kom en wat in lyn is met wie Hy ons gemaak het om te wees.

Gesindheid
7 Dae
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af Aan
7 Dae
Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan help om jou huwelik teen mislukking te beskerm: Soek God; stry regverdig; hê pret; bly eerbaar; en moet nooit moed opgee nie. Begin nou en kry die huwelik wat jy nog altyd wou hê — van hierdie dag vorentoe.

Versameling: Vind Saam Die Lewe
7 Dae
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.

Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.

Wat is My Doel? Leer om God Lief te hê en Ander Lief te hê
7 Dae
Verken jou doel as 'n volgeling van Jesus: om God en ander lief te hê. Oor die verloop van sewe dae sal ons die temas van persoonlike aanbidding, herskepping, ontferming, diens en geregtigheid ontgin. Elke sessie begin met 'n gebed om jou te help om op die dag se tema te fokus, een of twee gedeeltes uit die Skrif, 'n gedagte vanuit 'n teologiese perspektief, en maniere om die leesstuk toe te pas en daarop te reageer.

Liefde Bly Staan Heilige Week
8 Dae
Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan gedurende hierdie Heilige Week saam met Jesus op 'n geestelike reis deur die Evangelies, vra aan God 'n eenvoudige vraag en beleef die enorme liefde van God.

Hoe om 'n Naaste te wees
10 Dae
Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesus gevra hoe om in die hemel te kom. Jesus het met 'n vraag geantwoord en toe die verhaal van die barmhartige Samaritaan vertel. Dit verras mens nie, maar 2000 jaar later verduidelik Jesus se verhaal steeds hoe om werklik 'n naaste te wees. Sluit aan by Pastoor Craig Groeschel en Life.Church in 'n praktiese, verhaal-gebaseerde gids oor hoe om jou naaste te ontmoet en lief te hê soos jouself. Maar moenie dit net lees nie — leef dit uit!

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Hiervoor geskep: 'n Studie oor Identiteit, Inpas en Doel
15 Dae
Wie is ek? Hoekom is ek hier? Waar pas ek in? Wat is my doel? As jy ooit oor groot vrae soos hierdie nagedink het, is jy nie alleen nie. Diep binne voel ons almal of daar meer aan die lewe is, dat ons vir meer geskep is. In hierdie 15-dag leesplan, sal ons ontdek wie ons geskep is om te wees, waar ons waarlik inpas en ware aanvaarding vind, en vir watter doel God ons geskep het!

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

Woordspieël: Matteus
28 Dae
In 2 Korintiërs 3:18 sê Paulus dat wanneer ons God se heerlikheid aanskou soos in 'n spieël, ons na daardie selfde beeld waarna ons kyk, verander sal word deur die Heilige Gees. Ons weet dat Jesus die heerlikheid van God is. Die volheid van die Godheid word in Jesus aan ons geopenbaar. Van Genesis tot Openbaring word Jesus aan ons bekend gemaak. In hierdie leesplan word jy gevra om een hoofstuk op 'n dag deur Matteus te lees. Daar word dan een Skrifgedeelte uit die hoofstuk uitgelig waaroor 'n kort oordenking gedoen word.

Ewige Verbond
29 dae
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
