Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 2:19

'n God Wat Getrou is
7 Dae
Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnspireer word om jou eie geloftes aan God na te kom.

Elke Verlangende Hart
7 Dae
In Charles Wesley se bekende Kersfees gesang, “Come, Thou Long Expected Jesus”, sing ons dat Jesus die blydskap van elke verlangende hart is. Herontdek hierdie Advent hoe die Goddelike sameloop van menslike gebeure en verskeie reaksies op sy koms, die verlange in ons harte blootlê. Van konings en heersers tot by herders en verwagtende maagde ... Jesus se koms openbaar dit wat ons na waarde skat. Vind Hom as die vreugde van jou hart hierdie Kersfees.

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.