Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 16:26

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 2 van 3
3 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holrug geryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens met die bybelse waarhede oor God te vervang om sodoende bemoediging en vryheid in jou lewe te bring.

Die Teken van die Kruis
5 Dae
Om die teken van die kruis te maak wanneer jy bid, het ontstaan toe die vroeë Christene 'n kruis op hul voorkoppe gemaak het. Mettertyd het hierdie gebruik verder ontwikkel en word deesdae gereeld deur meer as 'n miljard mense in die wêreld gebruik. Ons gaan in hierdie Bybelstudie die beoefening van gebed bestudeer en ook die omvang van die geheimenis van die Drie-eenheid en die opoffering van ons liefdevolle God.

Nege Algemene Leuens Wat Christene Glo
5 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holruggeryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens te benader met die waarhede oor God in die Bybel om sodoende bemoediging en vryheid in ons lewens te bring.

Die Dood Besit My Nie
6 Dae
My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my nie besit nie", en dat "verlies jou ook nie hoef te besit nie!" Kom leer in hierdie leesplan dat wanneer verlies na jou toe kom, jy dit kan oorwin deur ver verby jouself uit te reik en op God te vertrou.

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.

'n Beter Weg
7 Dae
Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van ineenstoring is, is hierdie 7-dagleesplan, gelei deur Pastoor Craig Groeschel, beslis vir jou. Die tyd het aangebreek om nie langer vir Jesus te werk nie, maar eerder in Jesus se weg te wandel.

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles Terug
9 Dae
David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verander van diegene met wie jy in aanraking kom. Dit is 'n uittreksel uit die boek "Giving It All Away … and Getting It All Back Again".

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Maak Van Dissipels
9 Dae
Jesus het twaalf persone gekies en die volgende drie jaar het Hy tyd met hulle deurgebring om van hulle dissipels te maak. Na drie jaar, net voor Jesus se hemelvaart, het Hy gesê: "Gaan maak dissipels." Hy het dus gesê: "Gaan doen dieselfde as wat Ek gedoen het."

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

Professionele Voetbal en Die Bybel
10 Dae
As jy 'n aanhanger van Amerikaanse professionele voetbal is, dan kan jy hierdie leesplan van die Museum of the Bible nie misloop nie! Leer oor die Bybel se rol in die lewens van sommige van die mees ikoniese oomblikke in die geskiedenis van die Nasionale Voetballiga (NVL) se kampioenskappe. Lees van legendariese helde soos Vince Lombardi en Mike Singletary tot onlangse sterre soos Ray Lewis en Russell Wilson. Hierdie leesplan deel Bybelverse wat hulle tot groot hoogtes geïnspireer het en hulle gehelp het om teleurstellings te oorkom. Dit sluit 10 stories in wat die rol van die Bybel in die grootste wedstryd van professionele voetbal beklemtoon!

Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag
10 Dae
Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die Paasfees-gebeure te kyk. Word opnuut bewus van die rede vir Jesus se koms aarde toe – om die siele van mense te red.

Soek God Daardeur
10 Dae
Depressie. Angs. Sekere insidente en traumatiese gebeure kan 'n verstandelike, emosionele en geestelike tol van ons eis. Gedurende hierdie tye is dit moeilik en voel selfs oorbodig om God op te soek. Hierdie leesplan, "Soek God Daardeur" het ten doel om jou te bemoedig en te leer hoe om proaktief in die teenwoordigheid van God te wees sodat jy, ongeag jou situasie, die vrede van God kan ervaar.

Koninkryk Kom
15 Dae
Ons het gehoor dat Jesus "lewe in oorvloed" aanbied en ons smag na daardie ondervinding. Ons wil die lewe hê wat aan die anderkant van verandering is. Watter soort verandering het ons nodig? Hoe moet ons te werk gaan om te verander? In Koninkryk Kom sal jy 'n nuwe manier verken om die onderstebo en binnestebuite lewe te lei waarin God ons nooi.
