Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:30

12 Dae Om Liefde Te Bou Wat Hou
12 Dae
In hierdie studie sal ons jou lei deur 'n verhoudingsreis wat die 12 noodsaaklike maniere dek om Liefde Te Bou Wat Hou.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

Hoop: 'n Studie in die Skrif
12 Dae
1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word hierdie drie kenmerke saam gevind. Hierdie 12-dag leesplan vir vroue ondersoek die kern en die lewegewende krag van ons hoop in Christus Jesus.

Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

Alles Wat Ek Nodig Het
14 dae
Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buchan, herinner jou in hierdie 14-dag leesplan uit sy dagboek, ALLES WAT EK NODIG HET, dat jy op God kan vertrou vir alles wat jy nodig het.

Nuwe Jaar, Nuwe Genade
15 Dae
Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak nie, leer om op God se goedheid te vertrou, staat te maak op sy genade en elke dag tot sy heerlikheid te leef.

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang
21 Dae
Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

Die 1857-1862 en Die 1899-1907 Herlewings in Suid Afrika
25 Dae
Min Christene in Suid Afrika weet van die twee grootste en kragtigste herlewings in die geskiedenis van Suid Afrika. Daar was oor die afgelope 370 jaar verskeie besondere herlewings in Suid Afrika. In hierdie leesplan hanteer ek twee van hulle. Mag dit vir jou tot groot seën wees.

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".

Vreugde In Alle Tydperke
30 Dae
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.